Operasie Shanela in die Noord-Kaap bly gemotiveerd en gaan voort om die gesag van die staat af te druk tydens weeklikse ontwrigtende optrede. 336 Verdagtes is regoor die provinsie in al vyf distrikte aangekeer en gearresteer vir 'n verskeidenheid kriminele oortredings. Die verskerpte polisie-operasies het op Maandag, 24 Junie 2024 tot Sondag, 30 Junie 2024 begin met spesifieke fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in brandpuntgebiede wat die menigte suksesse verseker het. “Aksies en polisieaktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP's), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goedere smokkel en opsporingsoperasies deur speurders,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Lt Kol Sergio Kock gesê.