By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 09 Jul 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Vier en twintig uur water toevoer onderbreking in Khai Ma Munisipaliteit
Die Khâ-Ma
Munisipaliteit het gister aangekondig dat daar ‘n 24 uur wateronderbreking in
die munisipaliteit gaan plaasvind. Dit is weens ‘n lekkende pyp op die water
netwerk, daarom is die toevoer al vanaf gisternamiddag 17:00 af en sal
vanmiddag om 17:00 eindig. Inwoners word versoek om voorsiening te maak vir die
berging van water vir hierdie periode en dat water spaarsamig gebruik word. Die
Munisipaliteit verseker die inwoners dat die watertoevoer so gou as moontlik
herstel sal word nadat die herstelwerk voltooi is.