By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 09 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Taxi ry in ambulans op ongelukstoneel in Noord-Kaap vas
Die
Noord-Kaapse polisie ondersoek die oorsaak van ’n busongeluk wat gisteroggend
in die Noord-Kaap plaasgevind het. ’n Bus wat van Kaapstad na Zimbabwe op pad
was, het om 04:30 op die N1 tussen Richmond en Hanover omgeslaan. Die
tweede ongeluk het omstreeks 09:00 plaasgevind toe ’n Toyota Quantum met twee
manlike insittendes agter in ’n ambulans vasgery het wat na die ongelukstoneel
gestuur is. Aanvanklike verslae dui daarop dat die Copperbelt-busbestuurder
beheer oor die voertuig verloor het waarin sowat 20 passasiers vervoer is
voordat dit omgeslaan het. “Die vroulike
ambulansbestuurder is beseer en haar manlike assistent het ongedeerd daarvan
afgekom. Albei die manlike insittendes van die Quantum het slegs ligte
beserings opgedoen,” het die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, lt.kol. Sergio
Kock, gesê.
Related News