Die multi-dissiplinêre span wat Operasie Vala Umgodi in die Noord-Kaap uitvoer, het vyf-en-dertig verdagtes gearresteer tydens operasies wat op Saterdag, 6 Julie 2024 begin het, vir die oortreding van die onwettige mynbou- en immigrasie-wette asook beweerde oortreding. Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het in ‘n verklaring gesê dat die span in die Namakwa-distrik het toegeslaan op die Bontekoe-myngebied informele nedersettings.  Die operasie het daartoe gelei dat 27 Lesotho- en Zimbabwiese burgers, tussen die ouderdomme van 20 en 49 jaar oud, gearresteer is vir onwettige mynbou en oortreding van die immigrasiewet. Die polisie was ingelig deur die myn se sekuriteit oor indringers binne die Koiingnaas-mynperseel en het 'n 24-jarige Zimbabwiese man met diamante in sy besit suksesvol gearresteer.In die tussentyd in die Frances Baard-distrik in Kimberley het die polisie 7 Malawiese, Lesotho- en Zimbabwiese burgers van tussen 24 en 54 jaar oud gearresteer vir die oortreding van die onwettige mynbou- en immigrasiewette. Daar is op verskeie onwettige myn gereedskap beslaggelê. Die polisie het ook 3 gesoekte verdagtes van 22, 27 en 38 jaar oud wat op vlug van die owerhede was, suksesvol opgespoor. Alle verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.