Die
Noord-Kaapse provinsiale regering, wat deur die ANC gelei word, het gekies om
saam met die Vryheidsfront Plus en die Patriotiese Alliansie te werk om die
provinsie te regeer. Die vorming van komitees en voorsitters van die
Noord-Kaapse provinsiale wetgewer is gister aangekondig. Ten spyte daarvan dat
die ANC nie die meerderheid stemme in die Mei-verkiesing gekry het nie, het die
ANC besluit om nie vir ‘n regering van provinsiale eenheid te kies nie.
Die DA sê hulle sal die nuwe regering aanspreeklik hou en die amptelike
opposisie in die provinsie bly.