By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 18 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Khâi-Ma Munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners om verantwoordelikheid te neem vir hul infrastruktuur
Khâi-Ma Munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners om
verantwoordelikheid te neem vir hul infrastruktuur. Weens beperkte hulpbronne
is die instandhouding van noodsaaklike dienste 'n uitdaging. Vandalisering van
infrastruktuur benadeel net onsself en ons bure. Kom ons werk saam om ons
gemeenskap se welstand te beskerm. “Ons het onlangs verskeie onwettige
stortingsterreine skoongemaak, maar ongelukkig versamel hulle weer afval. Gooi
asseblief jou afval verantwoordelik weg. Onwettige storting is onooglik en
benadeel die omgewing,” het die munisipaliteit gesê.
In die tussentyd sal die Khâi-Ma Munisipaliteit se
hoofkantoor sal vandag vanaf 10:00 gesluit wees vir die Mandeladag-program in
Blyvooruitsig Pofadder. Slegs skeletpersoneel sal in die kantore wees. Die
Burgemeester Estella Cloete rig 'n uitnodiging aan alle Pofadder-inwoners om te kom aansluit
by die slaggatherstelprogram.
Related News