# Terwyl die wêreld die ikoniese Nelson Mandela-dag vier, sal LUR vir die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke, me. Fufe Makatong aansluit by die gemeenskap van die John Taolo Gaetsewe-distrik om 'n helpende hand uit te reik. Vanjaar se Nelson Mandela-dag word herdenk onder die tema, "Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp". LUR Makatong het gesê sy is geïnspireer deur Nelson Mandela se woorde oor die plaag van armoede in ons gemeenskappe toe hy gesê het; “Soos slawerny en apartheid, is armoede nie natuurlik nie. Dit is mensgemaak en dit kan oorkom en uitgeroei word deur die optrede van mense.” Zandisile Luphahla, Woordvoerder vir die LUR – CLIP