By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 26 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Education
Eskom EXPO for Young Scientists vind vandag in die Khai Ma munisipaliteit plaas
Die Eskom EXPO for Young Scientists vind vandag in die Khai
Ma munisipaliteit plaas by die Aggeneys Hoërskool, wat uitgevoer word deur die
Departement van Onderwys. Eskom EXPO for Young Scientists (EXPO) is 'n
praktiese, "grondvlak" en hoërvlak onderneming wat jongmense betrek
by projekwerk in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Wiskunde en Innovasie
(STEMI). Die skole wat die Eskom Expo gaan bywoon is onder andere Ferdinand
Brecher, Steinkopf Hoërskool, Hoërskool Namakwaland, Aggeneys Hoërskool en
Primêre skole, Francois Visser Primêre skool en Boesmanland Hoërskool. Die
prysuitdeling sal vanmiddag plaasvind en die wenners gaan in September
nasionaal deelneem.
Related News