By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 08 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sal Vrouedag in Noord-Kaap herdenk
Die
direkteur-generaal van die Departement van Vroue, Jeug en Persone met
Gestremdhede, advokaat Joyce Maluleke, sê vanjaar se Vrouedagvieringe sal in
die Noord-Kaap plaasvind. Maluleke sê hulle sal 30 jaar van vooruitgang in
vroue se ontwikkeling en vordering na gelykheid en die stryd teen patriargie
vier. Sy het ook vroue aangemoedig om entrepreneurskap en beroepsopleiding te
volg om in ekonomiese behoeftes en vryheid te voorsien. Maluleke het in ‘n
onderhoud met die SAUK ook die samelewing aangemoedig om geslagsgebaseerde
geweld en vrouemoord te bekamp om die veiligheid van vroue te verseker.
Related News