By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 08 Aug 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Suid-Afrikaners word aangemoedig om Vrouedag te vier
President
Cyril Ramaphosa het alle Suid-Afrikaners versoek om Nasionale Vrouedag, wat
jaarliks op 9 Augustus herdenk word, te vier. Die regering sal die dag Vrydag
by die Dennis Nel-stadion in die Khâi-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap
herdenk. Die geleentheid het ten doel om 30 jaar van vryheid vir vroue se
ontwikkeling te vier. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het dit
gister in ‘n media-inligtingsessie oor Ramaphosa se openbare program
aangekondig. Magwenya sê die komende openbare vakansiedag is ‘n herinnering om
na te dink oor die beduidende bydraes wat vroue tot die samelewing gemaak het.