By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 14 Aug 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Grootmaat watertoevoer onderbreking op Komaggas
Die Nama Khoi munisipaliteit wil die gemeenskap van Komaggas inlig oor ‘n
geskeduleerde onderbreking van die grootmaat watertoevoer. Die onderbreking sal
plaasvind vanaf 20 Augustus tot 3 September 2024 en sal ongeveer 14dae duur. Die
doel van die onderbreking is om die nodige werk te voltooi om die nuwe reservoir
met water te vul. Onvoorsiene
omstandighede kan die duur van hierdie onderbreking beïnvloed. Die munisipaliteit
sal die gemeenskap op hoogte hou van enige vernaderinge in die skedule. “Ons vra
die gemeenskap vriendelik om vooraf genoeg water aan te vul. Die munisipaliteit
sal ook op versoek watertrokke ontplooi om te verseker dat daar voldoende
watervoorraad tydens hierdie tydperk is,” het JI Swartz munisipale bestuurder
gesê.