'n Vroue Dialoog, met die tema "Bemagtig vroue, Transformeer gemeenskappe, skep aktiewe burgers", was in Williston gehou. Hierdie geleentheid is bygewoon deur vroue van Sutherland, Fraserburg en Williston. Tydens die vroue dialoog is die opening en verwelkoming gedoen deur raadslid Cora Steenkamp. Mnr Rudy Louw, skakelbeampte van die wetgewer, het hierna die rol en funksies van die wetgewer verduidelik. Die drie onderwerpe was bespeek; Geslagsgelykheid, wat deur Maatskaplike werker Me Horn van Williston, verduidelik is. Inklusiwiteit en ekonomiese groei wat deur raadslid Cora Steenkamp, van die Williston gemeente aangebied is. Gelyke toegang tot Grond en Gesondheidsorg is deur die intern, Lee-Ann Cloete aangebied.