Die minister van paaie en openbare werke in die Noord-Kaap, Fufe Makatong, sê sy is gelukkig met die vordering wat gemaak is met die padbouprojek in Rooiwal in die Namakwa-distriksmunisipaliteit. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphala, het genoem dat die pad vir die gemeenskap belangrik is, omdat dit nie net beter konnektiwiteit verseker nie, maar ook die groei van die plaaslike ekonomie ondersteun. Die projek is vroeër vanjaar op 22 Mei deur die premier van die provinsie, dr Zamani Saul, van stapel gestuur. Luphahla sê, hierdie veldtog het werksgeleenthede geskep vir honderd-en-vyftig mense, sowat vyftig jeugdiges en veertig vroue.