By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Twee plaaslike munisipaliteite waardeer vandag in hul onderskeie gemeenskappe
Die
Burgemeester van die Kamiesberg munisipalitiet me.
Susarrah Nero gaan vandag om 11uur ‘n vroue gedenkdiens hou in Kamasies. Die
program is daar gestel om ‘n ondersteunende rol te speel vir slagoffers se
familie wie familie lede verloor het as gevolg van geslaggebasseerde geweld
asook om daar te wees vir slagoffers wie tans deur dit gaan. Hierdie programme
word gehou om veiliger gemeenskappe te verseker, spesifiek vir vrouens, kinders
en die teikengroepe onder andere die LGBTI gemeenskap.
In die
tussentyd gaan die burgemeester van die Richtersveld munisipaliteit, Cornell
Knoph vrouedag herdenking doen op Lekkersing in die Gemeenskapsaal om 11:00. Internasionale vrouedag wat op jaarliks
op 9 Augustus gevier word, was die jaar onder die tema "Belê in vroue:
Versnel vordering". Die jaar se vrouedag vieringe het op Pofadder in die
Khâi Ma munisipaliteit plaasgevind, waarvan President Cyrill Rhamaphosa die
eregas was.
Related News