By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Vroue in wetstoepassers slaan toe op misdaad
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die operasie se betekenis uitgelig. Senior vroulike polisiebeamptes, insluitend Pixley ka Seme-distrikskommissaris generaal-majoor Nomana Mtukushe, ZF Mgcawu-distrikskommissaris generaal-majoor Monica Sebili en die provinsiale hoof van pro-aktiewe polisiëring, brigadier Irene Kopeledi, het die ontwrigtende optrede gelei. Hul manlike eweknieë ondersteun hierdie pogings: waarnemende provinsiale kommissaris generaal-majoor Luntu Ngubelanga, John Taolo Gaetsewe distrikskommissaris generaal-majoor Jonny Besnaar en Namakwa distrikskommissaris brigadier Schalk Andrews. Verskeie vroulike provinsiale hoofde en stasiebevelvoerders van die John Taolo Gaetsewe-distrik het ook deelgeneem.In 'n
sterk vertoning van vroulike leierskap, is Operasie Basadi suksesvol uitgevoer
in die groter Kuruman-omgewing op 27 Augustus. Hierdie multi-dissiplinêre
operasie, uitgevoer ter erkenning van Vrouemaand, het vroulike lede van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Korrektiewe Dienste, Binnelandse Sake
(Immigrasie), en die Provinsiale Verkeersdepartement saam gekom om gemeenskapsveiligheid te verseker.
Related News