By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 29 Aug 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Nababeep man in hegtenis geneem vir moord
Nababeep SAPD ondersoek 'n moordsaak
nadat 'n 30-jarige man op gister in Bo Straat, Nababeep, noodlottig gewond is. “Die
polisie het 'n 38-jarige manlike verdagte in verband met die moord in hegtenis
geneem,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemani gesê. Die
ondersoek duur voort.