SAPU in die Noord-Kaap vra vir die onmiddellike arrestasie en skorsing van die luitenant-kolonel wat na bewering 'n minderjarige van 15 jaar in De Aar verkrag het. Augustusmaand is die maand wanneer ons almal vrouemaand behoort te vier en te verseker dat vroue beskerm word teen dade van verkragting, moord en geslagsgebaseerde geweld en vrouemaand-misdade. “As SAPU verwag ons van die Provinsiale Kommissaris as 'n vrou en SAPD-bestuur om as voorbeeld leiding te neem as voog, bewaarder en implementeerder van die wet, om vinnig teen die betrokke Luitenant Kolonel op te tree en die interne prosesse van die SAPD te volg om dissiplinêre prosesse in te stel en die onmiddellik arrestasie en skorsing van die vermeende luitenant-kolonel,” het mnr. Sabata Ephraim Tshabedi Provinsiale Sekretaris van SAPU gesê. Almal gelyk voor die reg en geen lid van die SAPD moet bo die reg geag word nie.