By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 05 Sep 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Vaal Sentraal Waterraad ondervind steeds tegniese uitdagings met die toevoer van water
Die Vaal Sentraal Waterraad ondervind steeds tegniese
uitdagings met die toevoer van water. Weens die onverwagse kragonderbreking by
die Doringwater aanleg is geen van die pompe vanaf Henkries tans operasioneel
nie, wat die watervoorsiening aan verskeie dorpe verder ontwrig het.Vaal Sentraal Waterraad span werk onvermoeid om hierdie uitdagings op te los. Die motor vir die tweede pom was geïnstalleer, maar nadat die pomp aangesit was, het die tegniese span ‘n probleem met die naaldklep ondervind, wat intussen herstel was. Ongelukkig was tydens die proses ontdek dat die afleweringsklep beskadig is en nie herstel kan word nie, wat beteken dat di took vervang moet word,” het Nama Khoi munisipaliteit gesê.
Related News