Die Namakwa Distriksmunisipaliteit gaan Matriekklas van 2024 tydens 'n spesiale prysuitdeling vereer. Hierdie geleentheid dien as 'n viering van toewyding, harde werk en uitstaande akademiese prestasies.Dit sal plaasvind Donderdag, 13 Februarie in Alexanderbaai in die Richtersveld Munisipaliteit. Die Namakwa Distriksmunisipaliteoet se Uitvoerende Burgemeester, mnr. Mervin Cloete, sal die verrigtinge lei in samewerking met die Noord-Kaapse Departement van Onderwys. Hierdie gesogte geleentheid beklemtoon die belang van onderwys in die streeksontwikkeling en motiveer leerders om na uitnemendheid te streef.