Joha van Dyk, 'n PhD-student in Engels aan die Universiteit Stellenbosch en dogter van die voormalige DA-LP Veronica van Dyk, is Sondagoggend in haar woonstel in Stellenbosch oorlede nadat sy die vorige dag ongesteld gevoel het. Sy het bekendheid verwerf vir haar kreatiewe skryfwerk en was 'n inspirasie vir baie jong lesers. Haar roudiens vind plaas op Saterdag, 8 Februarie om 11:00 vm by die NG Kerk Grootmist in Kleinzee.

Keanu Ismael, ’n jong fotograaf met ’n diep liefde vir sy streek en sy mense, het 'n onuitwisbare merk gelaat met sy pragtige fotografie. Sy gemeenskap het sy nalatenskap geeer met ’n troosdiens vroeer in die week by die Ismael-woning in Concordia. Keanu se begrafnisdiens sal op more, 8 Februarie om 08:00 by sy huis begin, met die kerkdiens om 09:30 by die VGK kerk op Concordia.

Hierdie tragiese verliese laat ‘n groot leemte in Namakwaland, maar die nalatenskap van beide Keanu en Joha as inspirerende jong kreatiewe geeste sal vir altyd voortleef.