Hoërskool Okiep se Graad 10-geskiedenisleerders het op Vrydag 14 November 2025 hul jaarlikse geskiedkundige uitstappie na die Okiep Country Hotel onderneem. Die uitstappie fokus op die ontdekking van koper in die gebied en die ontstaan van die Okiep Copper Company. Die leerders het die smoke stack en Cornish beam pump besoek en daarna die museum by die hotel. Koeldranke is voorsien en hulle het saam in die konferensiesaal geëet. Skool en leerders bedank mnr. Malcolm en personeel vir hulle deurlopende ondersteuning.