S.A. Van Wyk het Vrydag hul assistente se kontrakte amptelik afgesluit en van die span afskeid geneem. Die skool het diep waardering uitgespreek vir elke assistent se harde werk, toewyding en positiewe bydrae. Hulle het ’n betekenisvolle rol gespeel in die ondersteuning van leerders en het ’n groot verskil gemaak in die skool se dag-tot-dag funksionering. Die personeel bedank die assistente vir hul geduld, energie en opregte omgee gedurende hul diensperiode. Die skool wens elkeen sterkte toe vir die pad vorentoe, en herinner hulle dat S.A. Van Wyk hul bydrae opreg waardeer.