Hoërskool Concordia wens twee van sy uitblinkers, Jatin Engelbrecht en Chelsey Jantjies, alle voorspoed toe by die Mzansi Interprovinsiale Jeugskaakkampioenskappe wat van hierdie week af te Gqeberha plaasvind. Beide leerders het hul deurentyd onderskei as toegewyde en gedissiplineerde skaakspelers, en verdien hul plek op provinsiale vlak deur strategiese insig, skerp konsentrasie en volgehoue deursettingsvermoë. Die skool is trots dat hulle die skool, streek en provinsie verteenwoordig. Die res van die Namakwa-span word ook sterkte toegewen. Mag die Blouvlam-fakkel helder brand met elke slim skuif.