Die polisie in Pella ondersoek ’n saak van strafbare manslag
ná ’n noodlottige kop-aan-kop botsing op die N14 tussen Aggeneys en Pella.
Die ongeluk het op Dinsdag 20 Januarie 2026 tussen 18:00 en
19:00 plaasgevind, waartydens ’n 45-jarige man oorlede is. Die oorsaak van die
voorval word tans ondersoek.
Enigiemand met inligting kan adjudant-offisier Jerome van
Schalkwyk kontak by 082 495 4789. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.