Een van die leerders wat beseer is in die skoolvervoer-ongeluk buite Soebatsfontein, is weer in die hospitaal opgeneem nadat sy erge pyn en komplikasies ervaar het.

Volgens inligting wat NFM Nuus ontvang het, het die leerder verskeie beserings opgedoen, insluitend gekraakte ribbes, ’n kopstamp, asook geskeurde spiere in haar bene. Die beserings het daartoe gelei dat sy tans swakheid in haar bene ervaar, maar geen permanente verlamming is bevestig nie.

Mediese personeel sê die leerder staar ’n lang herstelproses in die gesig en ontvang tans verdere behandeling en waarneming.

Die ondersoek na die omstandighede rondom die ongeluk duur voort.