Die Carnarvon-landdroshof in die Noord-Kaap het ’n 21-jarige man, Marcel Sauls, tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord. Sauls het in 2023 ’n 16-jarige seun in die bors gesteek ná ’n woordewisseling en toe van die toneel gevlug. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder Thabo Litabe is Sauls ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die polisie verwelkom die vonnis as ’n waarskuwing teen geweld.