Die Kimberley-gebaseerde provinisiale polisie ondersoek steeds die verdwyning van 14-jarige David Waterboer van Nababeep. Hy is op 7 Februarie 2025 laas deur sy ma gesien voordat sy werk toe is. Volgens berigte was hy van plan om n sportbyeenkoms in Concordia by te woon. Ten tyde van sy verdwyning het hy nswart kortbroek, n swart t-hemp en donkerblou sandale gedra. n Beloning van R75 000 word nou aangebied vir inligting wat kan lei tot die opsoring van die tiener en moontlike vervolging van betrokkenes.