Die Polisie in Vioolsdrift het n geregtelike doodsondersoek begin na die tragiese dood van n driejarige seuntjie. Volgens voorlopige inligting het die kind glo gistermiddag in n kanaal naby die Rooiwal nedersetting beland. Sy liggaam is sowat n uur later by die plaas Verste Suiwer gevind. Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek en die polisie doen n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.