Die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit het inwoners gewaarsku om water spaarsamig te gebruik ná ’n verdere pypbreuk op die Concordia-pyplyn wat vanoggend aangemeld is.

Volgens die Vaal Central Water Board ontvang die probleem dringende aandag, maar die presiese tydsduur vir herstelwerk kan nog nie bepaal word nie.

Inwoners in en rondom Concordia word intussen versoek om verantwoordelik met die beskikbare water om te gaan totdat die situasie genormaliseer is.