‘n Vermoedelik gesteelde kompressor is hierdie naweek by ‘n plaaslike werktuigkundige in Galeshewe in die Noord-Kaap teruggevind danksy die waaksaamheid van ‘n polisiebeampte wat nie aan diens was nie.
Volgens die polisie was die beampte by ‘n werktuigkundige werkswinkel in John Daka in Galeshewe, waarheen hy sy voertuig vir herstelwerk geneem het.
Vier verdagtes het die perseel binnegegaan en probeer om ‘n vermoedelik gesteelde kompressor aan die werktuigkundige te verkoop.
Die beampte het voorgegee dat hy die item koop en die kompressor veilig in beslag geneem, maar die verdagtes het van die toneel gevlug toe hulle agterdogtig geraak het.