Op 12 Februarie 2026 het die The Gideons International Hoërskool Concordia besoek en aan elke Graad 8-leerder ’n Bybel geskenk. Die besoek het jongmense herinner dat God se Woord ’n vaste rigtingwyser en lig op hul pad is. Leerders is aangemoedig om hul skoolloopbaan op sterk waardes te bou, standvastig in geloof te bly en met integriteit op te tree. Die Bybel sal hopelik ’n anker in onseker tye wees en ’n bron van wysheid bly.