Hoërskool Concordia het sy dank uitgespreek teenoor Graad 10A wat vanoggend se byeenkoms in die Vierkant gelei het. Uit die boek Jeremia is leerders herinner dat ons by die kruispaaie van die lewe moet stilstaan, ons optrede oorweeg en die beproefde paaie van waarheid en integriteit kies. Tydens die geleentheid is atlete ook gelukgewens met hul puik prestasies by die Namakwa Kampioenskappe die afgelope naweek. Die skool sê hy is dankbaar vir die seëninge en sien uit na ’n vrugtevolle week.