Motorsport-entoesiaste in Namakwaland kan hulle gereed maak vir ’n aand vol adrenalien en goeie doel.
Die Namakwaland Ovaalbaan Klub, in samewerking met World of Motorsport ZA en die House Of Joy Concordia Kinderhuis, nooi almal na hul gewilde Charity Race op Saterdag, die sewende Maart.
Hekke open reeds om 15:00, met die eerste wedrenne wat om 18:00 afskop.
Die opbrensgte va hierdie motorwedren en resies gaan aan Die House Of Joy Concordia Kinderhuis om kwesbare kinders in die dorp te ondersteun.