Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap sê die Deben-polisiestasie was nooit hierdie naweek gesluit nie en bly operasioneel.
Dit kom nadat ’n plasing op sosiale mediaplatforms versprei is wat die publiek inlig dat die polisiestasie weens personeeltekorte vir die publiek gesluit is.
Die polisie het herhaal dat die bewering ongegrond en vals is.