Hoërskool SA Van Wyk het sy dank uitgespreek teenoor ondersteuners wat die skool deur die Woolworths MySchool-program help.

Die skool sê elke keer wat ’n MySchool-kaart by deelnemende winkels gebruik word, help dit om fondse in te samel vir projekte en inisiatiewe wat leerders se onderwys bevorder.

Die skool het die gemeenskap aangemoedig om aan te hou deelneem, aangesien elke “swipe” ’n verskil in die skoolgemeenskap kan maak.