’n Opleidingsessie vir jong en onervare Engels-onderwysers is onlangs in die Namakwa-distrik aangebied, met die doel om hul kennis en vaardighede in kurrikulumtoepassing te versterk.

Die sessie is gefasiliteer deur die provinsiale koördineerder vir Engels FET, Mpho Mongale, saam met die distriks-vakadviseur, LT Africa, en ’n graad 12-onderwyser van Hoërskool SA van Wyk, Adriane Cloete. Onderwysers van verskeie skole, insluitend Concordia, Okiep, St. Anna en Steinkopf, het deelgeneem.

Tydens die opleiding is daar gefokus op die CAPS-kurrikulum en Barrett se taksonomie, met praktiese leiding oor hoe om eksamenvraestelle op te stel.

Die inisiatief vorm deel van breër pogings om onderwysers te ondersteun en onderrigstandaarde in die distrik te verbeter.