’n Gesamentlike inisiatief deur A.J. Bekeur Biblioteek, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, RISIHA en Naledi Jeugsentrum het tydens Biblioteekweek leerders in Port Nolloth bereik. Graad R-leerders het opvoedkundige poppespelaktiwiteite geniet, terwyl Graad 5-leerders van R.K. Intermediêre Skool en Laerskool Port Nolloth oor biblioteekgebruik geleer het. Die program het ’n liefde vir lees bevorder en samewerking tussen skole en organisasies beklemtoon.