’n Grootskaalse gemeenskapsopruiming het Saterdag in Port Nolloth plaasgevind, waar vrywilligers saam met onder meer munisipale personeel, Parkrun-lede en ATKV-verteenwoordigers die kuslyn skoongemaak het.
Die span het van die hawe tot by die vuurtoring – sowat 2 tot 3 kilometer – gewerk en uiteindelik 127 kilogram rommel versamel, insluitend gebreekte glas, plastiek en ander afval. Dit is meer as dubbel die hoeveelheid wat tydens verlede jaar se poging ingesamel is.