Reddingswerkers het nou al die liggame van die Ekapa-myn in Kimberley in die Noord-Kaap herwin.

Vyf mynwerkers is dood toe modder en water verlede maand ’n tonnel oorstroom en hulle ondergronds vasgekeer het.

Twee lyke is hierdie naweek gevind.

Die reddingspan het daarin geslaag om die vyfde liggaam te herwin nadat dit ook hierdie naweek opgespoor is.