Die Departement van Onderwys en SAPD het op 25 Maart 2026 die Junior Kommissaris-kompetisie in Kimberley aangebied. Leerders het kwessies soos geslagsgebaseerde geweld en dwelmmisbruik aangespreek. Unonhlanhla Smith is as Junior Kommissaris ingehuldig. Hoërskool Okiep se Chantelle Lombard en Tasmean Burgess het die Namakwa Distrik verteenwoordig en onder die top tien geëindig. Lombard was derde (87%) en Burgess sesde (84%). Die gemeenskap het hul prestasies geloof.