Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het tydens sy Algemene Raadsvergadering belangrike beplannings- en bestuurskwessies bespreek.
Raadslede het onder meer die Ouditkomiteeverslag vir die tweede kwartaal goedgekeur, saam met konsepte vir die 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan en begroting.
Aanbiedings oor langtermyn finansiële beplanning, vennootskappe en digitale oplossings is ook gelewer, terwyl die hersiene rampbestuursplan en mSCOA-padkaart aanvaar is.