Die Victoria-Wes-streekhof in die Noord-Kaap het onlangs twee mans tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, elk vir afsonderlike huisbraak- en diefstalvoorvalle.
Die vyf-en-dertigjarige Chrisjan Loof is verlede maand betrap terwyl hy in ‘n slagoffer se huis weggekruip het met klere en kruideniersware ter waarde van 12-duisend-470 rand.
Intussen, in ‘n aparte voorval, is die 42-jarige Marius Frieslaar in hegtenis geneem nadat hy naby ‘n huis gesien is waarin hy vier weke gelede ingebreek het met gesteelde kruideniersware ter waarde van meer as 900 rand.