Die polisie in Springbok ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n noodlottige ongeluk die afgelope naweek.
Volgens die polisie het die voorval Sondagoggend, 29 Maart, omstreeks 02:50 op die R355-pad tussen Springbok en Matjieskloof plaasgevind. Twee persone, wat glo te voet onderweg was na Matjieskloof, is na bewering deur ’n wit Toyota Hilux-bakkie raakgery en is op die toneel dood.
Die ondersoek duur voort en die owerhede doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.