Grosjean van Wyk, ’n jong elektriese ingenieur van Bergsig naby Springbok, het ná ’n tegniese internskap by Kangnas Windplaas ’n voltydse pos as Junior Electrical Technician by BVI Consulting Engineers gekry.

Met ’n Diploma in Elektriese Ingenieurswese van die Sentraal-Universiteit van Tegnologie het sy haar vaardighede via die SAWEA Wind Industry Internship Programme opgedoen. Haar mentor het haar ondersteun en uitgedaag om professioneel en persoonlik te groei.

Grosjean sê die internskap het haar goed voorberei op die werk, en sy beplan om binne vyf jaar by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) te registreer.