Inwoners van Nababeep en Kleinzee het onlangs ’n ontwrigtende wateronderbreking ervaar ná skade aan die Garagoup-hoofpypleiding.
Die Nama Khoi Munisipaliteit sê ’n inspeksie het die skade bevestig, en dat daar aanduidings was dat dit moontlik nie toevallig is nie.
Dringende herstelwerk was toegepas en die watertoevoer kon herstel word.