’n Inwoner van Namakwaland het ’n aanlyn petisie geloods oor die swak toestand van grondpaaie in dele van Namakwa.
Die petisie, gerig aan die Namakhoi Munisipaliteit en Openbare Werke, fokus op roetes tussen Kleinzee, Komaggas en Port Nolloth, asook Garies, Hondeklipbaai en Soebatsfontein.
Volgens die inisiatiefnemer lei die paaie tot gereelde voertuigskade, ongelukke en gestrande motoriste, en word dit as ’n ernstige veiligheidsrisiko beskryf. Daar word gevra dat die paaie opgegradeer of geteer word.