Die polisie in die Noord-Kaap het onlangs ‘n 23-jarige man in hegtenis geneem vir dwelmhandel tydens verskerpte Paasmisdaadvoorkomingsoperasies in Port Nolloth.
Beamptes het op gemeenskapswenke gereageer en die verdagte in Robsonstraat onderskep nadat hy ‘n plaaslike winkel verlaat het.
Hulle het hom deursoek en verpakte dagga ter waarde van ‘n geraamde waarde van 97-duisend-400 rand in sy sak gevind.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Port Nolloth-hof verskyn.