Die Noord-Kaap speel ’n sleutelrol in industrialisering en die toekoms van Suid-Afrika se ekonomie. Minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, sê die nasionale regering is gereed om saam met die provinsiale regering te werk om die streek beleggingsgereed te maak. Hy het met Keith Sayster gepraat tydens die Noord-Kaapse Beleggings- en Werkgeleenthedekonferensie in Kimberley.