Skole en leerders is tydens die Namakwa Distrik-matriektoekennings vereer vir hul prestasies in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Hoërskool Concordia is aangewys as die beste skool in Kring 2, terwyl Jarod Parsons en Antheola Engelbrecht onder die Top 20 presteerders was. Die distrik is weer as toppresteerder in die Noord-Kaap aangewys. Organiseerders het die Onderwyskantoor en Distriksmunisipaliteit bedank, en die Klas van 2026 aangemoedig om na uitnemendheid te streef.