Hoërskool Concordia het ’n nuwe era ingelui met die gelyktydige aanstelling van ’n prinsipaal en adjunk-prinsipaal. Die SBL-voorsitter, mnr. J. Muller, het die geleentheid geopen, terwyl ds. C. Terblanche ’n boodskap van dankbaarheid gebring het. Mnr. K. Klein het me. M. Stone-Coetzee en me. M. Jones voorgestel. Beide het die gehoor toegespreek, en die hoofdogter het leerders verteenwoordig. Die skool wens die nuwe leierskap voorspoed toe vir die toekoms.